
=====================================================================
Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans gryp uitdagings

Sarah Slabbert   skets hoe die rasionalisasieproses aan die Universiteit van die Witwatersrand Afrikaans geraak het.

DIT is 'n uitdaging om energiek en entoesiasties te bly in 'n werkomgewing waar die vak Afrikaans en Nederlands se relevansie op allerlei 
terreine ondermyn word en die Letterefakulteit van Wits self besig is om deur 'n proses   van rasionalisasie te gaan. Volgens hierdie 
proses word die personeel van die departement afgeskaal tot vier en word die departement deel van 'n groter "School of Languages and 
Literatures". (Lees "other" hierby, want dit is inderdaad 'n allegaartjie van alles wat nie Engels is nie, naamlik die Afrikatale, Duits, 
Frans en Italiaans, en die skool vir vertalers.)

Die voordeel van opname in 'n groter skool is dat ons deel word van 'n gesamentlike poging om die belangrikheid van veeltaligheid te 
bemark. Die skool is byvoorbeeld reeds besig om 'n sentrum vir rekenaarondersteunde kursusse in 'n verskeidenheid tale, waarvan Afrikaans 
een sal wees, vir sakemense te ontwikkel. Daar word ook in die vooruitsig gestel dat die skool interdepartementele kursusse sal ontwikkel. 
So kry dosente die geleentheid om oor hulle spesialiteitsgebied, s byvoorbeeld literre teorie, klas te gee vir studente van al die 
departemente wat die skool uitmaak.

Ook op ander vlakke bied interdepartementele samewerking opwindende moontlikhede:

* Ons departement gee klas oor die ontwikkeling en politisering van Afrikaans by Applied English Language Studies.
* Die departement het twee nagraadse studente wat by Afrikatale geregistreer is.
* Binne die nuwe Skool vir Nagraadse Studie kan honneurs- en magistermodules ook vir studente in ander departemente aangebied word.

Die afname in getalle het die departement veral op voorgraadse vlak geraak. Nagraadse studente het daarenteen toegeneem. Daar is veral 
belangstelling in die Afstandshonneurs in Eietydse Letterkunde en die Kreatiewe Skryfkursus. Studente kom van heinde en ver na die twee 
kontakweke in Februarie en Junie, onder andere van Windhoek, Vredendal en Kimberley.

Die departement het verlede jaar begin met 'n Beginnerskursus in Afrikaans. Dit is veral die nauurse kursus wat belangstelling gelok het en 
ons is baie trots op die vordering van die studente. Begin vanjaar is 'n maandelikse besprekingsklas vir die afgestudeerdes ingestel om met 
kuier, baie rooiwyn en eetgoed hulle vordering in Afrikaans voort te sit.

Die departement lewer ook jaarliks gemeenskapsdiens in die vorm van werkswinkels aan Afrikaansonderwysers wat in samewerking met me. Olga 
Sema   georganiseer word. Verlede jaar het dit vir die eerste keer saamgeval met die Wits Open Day en is dit gekombineer met 'n 
kabaretvertoning deur Elsab Zietsman.   Byna 200 onderwysers het die werkswinkel bygewoon. Dr. Sarah Slabbert   is verbonde aan die 
departement Afrikaans en Nederlands van Wits.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5212.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer 
uit onverwagte oord (AV 5:2) /// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre 
Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// 
Afrikaans: 'n nuttige stuk gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke 
(AV 5:2) /// 'n Woordlint van land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n 
Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante 
seun, Meyer (AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) 
///

